Die uiteensetting van die lesplan:
Inleidende fase
Dit is belangrik om die leerders se aandag te kry in die begin van die les. Ek gaan die leerders se aandag kry deur vir hulle drie voorwerpe te gee wat die drie fases van materie gaan voorstel:
- ʼn Bottle water - Wat ʼn vloeistof voorstel.
- ʼn Klip - Wat ʼn vastestof voorstel.
- ʼn Opgeblaasde ballon - Wat ʼn gas voorstel.
Die leerders sal gevra word wat is die eienskappe wat hulle reeds van die fases weet. Dit sal bepaal wat die leerders se voorkennis van die werk is. Leerders sal die kans gegee word om voorbeelde uit hulle eie ondervindings te verskaf.Leer- en onderrigfase
In hierdie fase gaan die onderwyser alles van die drie fases van materiale vir die leerders in detail verduidelik. Die onderwyser gaan ook vir die leerders van verskeie voorbeelde verskaf om vir hulle ʼn wye idee van die fases te gee.
Die fase sal begin deur die onderwyser wat weer die drie voorwerpe vir die leerders wys. Die onderwyser gaan aan die leerders verduidelik dat die bottel water twee fases voorstel. Die bottel is ʼn vastestof maar die water in die bottel is ʼn vloeistof. Die onderwyser gaan dit ook moet dien met die opgeblaasde ballon. Die ballon self is ʼn vastestof maar die lug in die ballon is ʼn gas.
Dan sal die onderwyser vir die leerders ʼn kans gee om voorbeelde te gee wat nie so algemeen is soos water nie. Die onderwyser sal dan die eienskappe van die fases aan die leerders verduidelik uit die leerders se voorgeskrewe handboek. Daar sal ook aan die leerders ʼn YouTube video gewys word om vir die leerders te wys hoe die molekule van elk van die fases lyk.Die onderwyser sal dan aan gaan om aan die leerders te vertel wat sal gebeur as materiale verhit of verkoel word.
Daar sal dan ʼn kans wees vir ʼn klasbespreking en die leerders sal vra kan vrae oor die werk.
Na die klasbespreking sal daar aan die leerders ʼn werkaart uitgedeel word. In die werkkaart is daar 10 voorwerpe wat hulle gaan moet bepaal of dit ʼn vastestof, vloeistof of ʼn gas is.
Die voorwerpe:
- Boomtak
- Water
- Ballon
- Klip
- Tee
- Serp
- Sap
- Kookolie
- Plastiekkoppie
- Kookgas
Vastestof
|
Vloeistof
|
Gas
|
Afsluitingsfase
In
die fase sal daar geen nuwe kennis aan die leerders gegee word nie. Die fase
kan meer gesien word as hersiening.
Die
leerders sal ʼn papier ontvang met drie kolome op. Hulle sal dan gevrae word om
hulle eie voorbeeld van die drie fases te verskaf wat nie reeds in die
aktiwiteit gegee was nie. Hulle gaan 4 voorbeelde van elke fase moet gee. Die
opdrag sal by die huis voltooi kan word om hulle die geleentheid te gee om
langer aan goeie voorbeelde te dink.
No comments:
Post a Comment